Die Bankduiker (Phalacrocorax neglectus) is 'n endemiese voël wat aan die weskus van Suid-Afrika voorkom. Die voël is 74 – 76 cm groot en weeg 1.6 - 2.3 kg met 'n vlerkspan van 1.2 - 1.3 meter. Hulle broei koloniaal op rotse en eilande naby die kus en hulle gaan selde verder as 20 km van die kolonie af. Die status van die voël is bedreig; daar is slegs 3000 pare oor. In Engels staan die voël bekend as Bank cormorant.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Kormorante