Suliformes is 'n orde van voëls. Die orde omvat vier families met in totaal van 55 spesies.Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). Geraadpleeg 4 November 2010

Die orde is deur die Internasionale Ornitologiese Vereniging voorgestel. Dit het onlangs aan die lig gekom dat die tradisionele Pelecaniformes polifileties is (lyk verwant, maar deel nie dieselfde voorouers nie), en dus opgedeel moet word om hul ware evolusionêre verwantskappe te weerspieël.

Christidis & Boles (2008) verwys na die orde as "Phalacrocoraciformes".

Taksonomie Familie Anhingidae (Slanghalsvoëls) Familie Fregatidae (Fregatvoëls) Familie Phalacrocoracidae (Kormorante) Familie Sulidae (Malgasse)

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings