Borneo (Indonesies: Kalimantan; Maleis: Pulau Borneo), die wêreld se derde grootste eiland, ná Groenland en Nieu-Guinee, beslaan 'n oppervlakte van 743 330 km² en word begrens deur die Suid-Chinese See in die noordweste, die Soeloesee in die noordooste, die Celebessee in die ooste en die Javasee in die suide. Borneo is die grootste en mees noordelike van die vier Groot-Soenda-eilande asook die grootste eiland van Asië. Dit is noord van Java, noordoos van Soematra, oos van die Maleise Skiereiland, suidwes van die Filippyne en noordwes van Soelawesi langs die ewenaar geleë. In die suidweste verbind die Karimatastraat die Javasee met die Suid-Chinese See en in die suidooste verbind die Straat van Makassar die Celebessee met die Javasee.

duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Borneo Die grootste deel van Borneo se kus langs die Suid-Chinese See vorm die oostelike deel van Maleisië met die klein eksklawe Broenei tussenin, terwyl die oorblywende deel van dié eiland tot die eilandnasie Indonesië behoort. Dié eiland is op die aardbol net teenoor die Amasonerivier se reënwoud geleë en vorm dus die antipode. Borneo is veral bekend vir een van die wêreld se oudste reënwoude wat die enigste habitat van die orangoetang vorm. As gevolg van sterk ontbossing is hierdie groot ape ernstig bedreig. Die eiland se langste rivier is die Kapuas wat in Sentraal-Borneo net suid van die grens tot Maleisië in die provinsie Wes-Kalimantan ontspring, in 'n suidwestelike rigting vloei en by Pontianak in die Karimatastraat uitmond.

Borneo se naam is dalk afgelei van die plaaslike naam vir die kokosneut, "Buah Nyiur". Broenei se naam is moontlik afgelei van die Sanskrit-woord váruṇa (वरुण) vir "water", of Varuna, die Hindoegod van reën. Inheemse Indonesiërs noem die eiland Kalimantan, wat afgelei is van die Sanskrit-woord Kalamanthana, wat "brandende weer-eiland" beteken en na die eiland se warm en vogtige tropiese weer verwys.

Borneo het 'n bevolking van sowat 21 miljoen, waarvan die meeste Javane is, gevolg deur verwante etniese groepe soos Maleiers en Soendanese. Hulle besig hul eie moedertale, onderskeidelik Javaans, Maleis en Soendanees, maar ook die ampstaal van Indonesië, Indonesies. Al dié tale behoort tot die Maleis-Polinesiese tale. Chinees is die moedertaal van die Han-Chinese wat hulle veral in onlangse dekades op Borneo gevestig het.

In Augustus 2019 het die Indonesiese president Joko Widodo aangekondig dat die hoofstad van die "sinkende" Djakarta na 'n nuwe stad in die provinsie Oos-Kalimantan op Borneo verskuif sou word.

Geografie duimnael|links|Politiese kaart van Borneo Deelstaatof Provinsie Hoofstad Land Oppervlakte(km²) Oppervlakte(%) Bevolking(2010-sensus) Bevolking(%) Broenei Bandar Seri Begawan Onafhanklike Sultanaat5 7700,77406 200(2009-skatting)2,1 Sarawak Kuching Maleisië124 45016,552 420 00912,2 Sabah Kota Kinabalu Maleisië73 6199,793 120 04015,7 Labuan Victoria MaleisiëFederale gebied920,0185 2720,4 Oos-Maleisië Maleisië198 16126,45 625 32128,4 Wes-Kalimantan Pontianak Indonesië146 76019,54 393 23922,2 Sentraal-Kalimantan Palangkaraya Indonesië152 60020,32 202 59911,1 Suid-Kalimantan Banjarmasin Indonesië37 6605,03 626 11918,3 Oos-Kalimantan Samarinda Indonesië210 98528,13 550 58617,9 Noord-Kalimantan Tanjung Selor Indonesië71 1779,46525 0002,65 Kalimantan Indonesië548 00572,913 772 54369,5 Borneo – Drie lande751 93610019 804 064100

Flora Basilikum Mangifera

Fauna Boomspitsmuis Gibbon Ietermago Orangoetang Padwagtertjie Renoster Sambar Vlieënde lemurs

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Borneo Kategorie:Eilande van Indonesië Kategorie:Geografie van Broenei Kategorie:Geografie van Maleisië Kategorie:Groot-Soenda-eilande