Die slanghalsvoël (Anhinga rufa) is 'n voël wat wydverspreid in Afrika en Madagaskar voorkom. Die subspesie wat inheems aan die Midde-Ooste is word sterk bedreig, en is reeds plek-plek uitgestorwe. Die spesie is inheems aan al die lande van Suider-Afrika. Die voël word 80 tot 92 cm groot en weeg 1 tot 1,7 kg met 'n vlerkspan van 1,2 tot 1,3 meter. Hulle broei koloniaal in bome, riete en dikwels saam met ander watervoëls. In Engels staan die voël bekend as die African darter.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Slanghalsvoëls