Die kuifkopkormorant of kuifkopduiker (Phalacrocorax coronatus) is 'n endemiese voël wat aan die weskus en suidkus van Suid-Afrika voorkom. Die voël is 54 – 58 cm groot en weeg 680 - 850 g met 'n vlerkspan van 88 - 98 sentimeter. Hulle broei koloniaal op kranse en eilande naby die kus. Die status van die voël is amper-bedreig; daar is slegs 3000 pare oor. Hulle kom in kuswater voor. In Engels staan dit as die crowned cormorant bekend. duimnael|links|200px|Kuikens op 'n nes te Robbeneiland
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Kormorante