Die Rietduiker (Phalacrocorax africanus) is 'n endemiese voël wat in Suid-Afrika, Zimbabwe en noord Botswana voorkom. Die voël is 50 – 56 cm groot en weeg 450 - 650 g met 'n vlerkspan van 80 - 90 sentimeter. Hulle broei koloniaal in bome, bosse, riete, of op kranse of op die grond op eilande. In Engels staan die voël bekend as Reed cormorant.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron
Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Kormorante