Die brilmalgas (Sula dactylatra) is 'n voël en 'n seldsame swerwer aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is groot en wit met goue oë en 'n klein swart masker. Die voël is 80 – 90 cm groot en weeg 1,8 - 2,4 kg met 'n vlerkspan van 1,5 - 1,6 meter.
Die voël is nog net tweekeer opgeteken in Suid-Afrika. Hulle broei gewoonlik op tropiese eilande van die Rooisee tot by Tanzanië.
Sistematiese klassifikasie
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Malgasse (voëls)