Die Marionwalvisvoël (Pachyptila salvini) is 'n walvisvoël wat seldsaam is aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 26 – 29 cm groot en weeg 120 - 200 g met 'n vlerkspan van 54 - 64 sentimeter. Die voël is in grootte en kleur tussen die Breëbekwalvisvoël en Antarktiese walvisvoël. Daar is vyf miljoen pare wat broei op Prins Eduard-eiland en die Crozeteilande. In Engels staan die voël bekend as Salvin's prion.

duimnael|links|Die eier van 'n Marionwalvisvoël.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Stormvoëls