Die Dunbekwalvisvoël (Pachyptila belcheri) is 'n walvisvoël en 'n seldsame besoeker aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 25 – 27 cm groot en weeg 120 - 170 g met 'n vlerkspan van 52 - 62 sentimeter. Daar broei 3 miljoen pare in die somer op subantarktiese eilande. In Engels staan die voël bekend as Slender-billed prion.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Stormvoëls