Die Antarktiese walvisvoël (Pachyptila desolata) is 'n walvisvoël en 'n algemene besoeker aan die kus van Suid-Afrika en by verre die volopste walvisvoël in die streek. Die voël is 25 – 28 cm groot en weeg 120 - 180 g met 'n vlerkspan van 52 - 62 sentimeter. Daar broei 20 miljoen pare in die somer op subantarktiese eilande en in Antarktika; die meeste in Suid-Georgië. In Engels staan die voël bekend as Antarctic prion.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Stormvoëls