Die Breëbekwalvisvoël (Pachyptila vittata) is 'n walvisvoël wat seldsaam is aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 27 – 30 cm groot en weeg 160 – 220 g met 'n vlerkspan van 56 – 66 sentimeter. Die voël is die grootste walvisvoël met die breedste en donkerste snawel. Die voël broei op Tristan da Cunha en Gougheiland (6 miljoen pare) en om Nieu-Seeland (1.5 miljoen pare). In Engels staan die voël bekend as Broad-billed prion.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Stormvoëls