Liaoyang (Chinees: 辽阳) is 'n stad in die Chinese provinsie Liaoning met 'n bevolking van 1 859 768 in 2010. Die stad is geleë in die noordooste van China, wes van die grens met Noord-Korea, noord van Dalian, oos van Beijing en suid van Shenyang.

Liaoyang is tydens die Bokseropstand in 1900 deur Russiese troepe beset en tydens die Russies-Japannese oorlog in 1904 het die slag van Liaoyang hier plaasgevind.

Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China