Chaozhou (Chinees: 潮州), ook bekend as Chiuchow of Chaochow, is 'n stad in die Chinese provinsie Guangdong met 'n bevolking van 2 669 844 in 2010. Die stad is in die suidooste van China, aan die kus van die Suid-Chinese See geleë. Chaozhou grens in die suide aan Shantou, in die suidweste aan Jieyang en in die noordweste aan Meizhou. Die meeste van Thailand se bevolking van Chinese afkoms het uit Chaozhou en die aangrensende Shantou geïmmigreer.
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China