Xianyang (Chinees: 咸阳) is 'n stad in die Chinese provinsie Sjaanxi met 'n bevolking van 5 096 006 in 2010.

Die stad is in die noordelike sentrum van China aan die Wei-rivier geleë. Xianyang maak deel uit van die metropolitaanse gebied van Xi'an en lê in die weste daarvan. Tussen 221 v.C. en 206 v.C. het dit as eerste hoofstad van die keiserlike China onder Qin Shi Huang gedien.

Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China