Chili (Spaans: Chile, [ˈtʃile], ), amptelik die Republiek Chili (República de Chile, [reˈpuβlika ðe ˈtʃile], ), is ’n unitêre presidensiële grondwetlike republiek geleë aan die suidwestelike kus van Suid-Amerika. Chili is lank en smal en strek in ’n noord-suidrigting oor ’n afstand van sowat 4 300 kilometer, terwyl dit op sy breedste in ’n oos-wesrigting maksimaal 400 kilometer van die weskus tot by die grens met Argentinië strek. Dié land behels verskillende klimaatsones wat van tropiese woestyne in die noorde tot by die koel gematigde en subpolêre woudsones van Suid-Chili strek. Dit het lae berge langs die kus, ’n vrugbare vallei, en die Andesgebergte in die ooste.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
duimnael|links|Santiago de Chile is die hoofstad en grootste stedelike sentrum van Chili Chili word in die weste deur die Stille Oseaan, in die noorde deur Peru, in die noordooste deur Bolivië, in die ooste deur Argentinië en in die suide deur die Suidelike Oseaan begrens. Die Straat van Magellaan, wat volledig onder Chili se beheer val, bied dié land ook toegang tot die Atlantiese Oseaan in die ooste. Naas sy vastelandgebiede maak ook die Paaseiland (of Rapa Nui) in die Stille Oseaan, die eiland Salas y Goméz, die Juan-Fernández-eilandgroep met Robinson-Crusoe-eiland, die Desventuradas-eilande en die eilandgroepe van Ildefonso en Diego-Ramirez in die suide deel uit van Chileense grondgebied. Dié land maak daarnaas ook aanspraak op ’n gebied in Antarktika (Antártica Chilena) met ’n oppervlakte van sowat 1,266 miljoen vierkante kilometer rondom die Antarktiese Skiereiland.
Danksy die ekonomiese beleid en vryemarkhervormings van Augusto Pinochet se demokratiese opvolgers het Chili tot een van die welvarendste lande in Latyns-Amerika en mees stabiele nasies in Suid-Amerika ontwikkel. Volgens die Verenigde Nasies se Menslike ontwikkelingsindeks (MOI) is Chili tans dié land met die hoogste lewensgehalte in Latyns-Amerika. Chili is een van die belangrikste koperprodusente ter wêreld, ’n beduidende uitvoerder van wyn en ook een van Suid-Afrika se grootste mededingers op die internasionale vrugtemark.
Etimologie duimnael|links|Almagro se ekspedisie suid van Peru na Chili in 1535 en 1536 duimnael|Kaart van Chili deur Cornelius van Wytfliet in 1597 Die herkoms van die woord Chili is nog steeds onduidelik. Volgens die 17de eeuse Spaanse kroniekskrywer Diego de Rosales, het die Inkas die vallei van Aconcagua “Chili” deur die afleiding van ’n Picunche-stamhoof (“cacique”) se naam Tili genoem, wie die gebied tydens die verowering deur die Inkas beheers het. ’n Ander teorie verwys na die ooreenkoms van Aconcagua se vallei met dié van die Casmarivier in Peru, waar ’n dorp en ’n vallei met die naam chili geleë was.
Ander teorieë beweer dat Chili se naam afgelei is van ’n inheemse Amerikaanse woord wat óf “einde van die aarde” óf “seemeeue” kon beteken; van die Mapuche-woord chilli wat kon beteken “waar die land eindig” of van die Quechua-woord chiri, “koud” "CHILE". Encyclopædia Britannica. 11de uitgawe. 1911. of tchili, wat óf “sneeu” óf “die diepste punt van die aarde” beteken. Nog ’n oorsprong word toegeskryf aan chilli, die onomatopoeise cheele-cheele — die Mapuche se nabootsing van die gekweel van ’n voël wat plaaslik bekend staan as trile.
Die Spaanse conquistadores het die naam van die Inkas gehoor en die min oorlewendes van Diego de Almagro se eerste Spaanse ekspedisie suid van Peru in 1535 en 1536 het hulself die “manne van Chili” genoem. Uiteindelik is Almagro gekrediteer met die universalisasie van die naam Chili, na die sodanige benaming van die Mapocho-vallei. Die ouer spelling “Chili” is in Engels gebruik tot ten minste 1900 voordat dit deur “Chile” vervang is. In Afrikaans en Nederlands het die naam Chili gebruiklik gebly.
Geskiedenis
Vroeë geskiedenis duimnael|links|Tulor-nedersetting (800 v.C. tot 1100 n.C.) van die Atacameños in die noorde van Chili duimnael|Cerro Grande de La Compañía het een van die mees suidelike vestings van die Inka-ryk gehuisves Die oudste spore van menslike vestigings is meer as 18 500 jaar oud en is in Monte Verde gevind. Dit is in die suidelike Sentraal-Chili suidwes van Puerto Montt geleë en hoort tot die oudste menslike nedersettings op die Amerikaanse vasteland wat ooit gevind is.
In oases binne die Atacamawoestyn van Suid-Peru en Noord-Chili het tussen 8000 en 2000 v.C. die Chinchorro-kultuur bestaan, ’n jagter-versamelaar-volk wat veral vir hul mummies bekend staan. Omtrent 2000 v.C. het in die noorde landbou en mak maak van vee opgekom. Omtrent 600 n.C. is die Paaseiland deur Polinesiese volke bevolk wat ná sowat 400 jaar hul bloeitydperk beleef en die bekende moai opgerig het.
Van 1493 tot 1527 het die noorde van die huidige Chili aan die Inka-ryk behoort. Die Mapuche het baie pogings wat die Inkas onderneem het om die gebied te verower, ten spyte van hul gebrek aan staatsorganisasie, suksesvol weerstaan. Hulle het teen Sapa Inka Tupac Yupanqui en sy weermag geveg. Die gevolg van die bloedige drie-dae-konfrontasie wat as die “Slag van die Maule” bekend staan, was dat die Inka se verowering van Chileense gebiede aan die Maule-rivier geëindig het.
Die Spaanse koloniale bewind duimnael|links|upright|Pedro de Valdivia, die eerste koninklike goewerneur van Chili (1540–1547) duimnael|Pedro de Valdivia stig Santiago de Chile – skildery deur Pedro Lira in 1889 duimnael|Die Arauco-oorlog. Die skildery toon ’n vrou wat tydens ’n malón deur Mapuche ontvoer word duimnael|links|upright|Lautaro, leier van die Mapuche (1553–1557) duimnael|Chileense patriotte – skildery deur Johann Moritz Rugendas Nadat Christophorus Columbus die Amerikas in 1492 vir Spanje ontdek het, het die Europese verkenning en verowering van die twee kontinente begin. In 1520 het die Portugese ontdekkingsreisiger Ferdinand Magellaan in diens van Spanje die Straat van Magellaan tydens sy omseiling van die wêreld ontdek. Die naaste Europeërs, wat die gebied van Chili bereik het, was Diego de Almagro el Mozo, ’n Spaanse conquistador en mededinger van Francisco Pizarro, en sy gevolgskap. Hulle het in 1535 vanaf Peru vertrek op soek na goud in die suide, maar is deur die inheemse bevolking teruggedryf. Die eerste blywende Europese nedersetting, Santiago de Chile, is op 12 Februarie 1541 deur Pedro de Valdivia gestig. Sedert 1542 het Chili deel uitgemaak van die Vise-Koninkryk Peru.
Hoewel die Spanjaarde nie die omvattende goud- en silwer-rykdom waarna hulle gesoek het gevind het nie, het hulle die landbou-potensiaal van Chili se sentrale vallei ontdek. Dus het Chili ’n belangrike verskaffingsvennoot van landbougoedere vir ander Spaanse kolonies geword.
Die Spanjaarde kon danksy die weerstand van die Mapuche-bevolking nie die suidelike gebiede verower nie. Die konflik, wat as die Arauco-oorlog bekend staan, was ’n lang stryd, waarin vreedsame fases met skermutselinge gewissel het. Dit het ’n aanlopende Spaanse kolonisasie van die suide verhoed, aangesien nedersettings en vestings kort ná hul stigting weer deur die inheemse bevolking verwoes is. Een van die bekendste Mapuche-leiers tydens die Arauco-oorlog was Galvarino. Van 1602 af het die Bío Bío-rivier de facto die suidelike grens van die Spaanse kolonie gevorm. Die suksesvolle weerstand deur die Mapuche het die Spanjaarde in 1641 gedwing om hulle onafhanklikheid in die verdrag van Quillín te erken. Daarmee het die Bio Bío-rivier die noordelike grens van die Mapuche-staat geword en die Mapuche die enigste inheemse bevolking van Latyns-Amerika wat in hul eie landgebied geregeer het. Hoewel daar dan ook herhaaldelik onsuksesvolle pogings onderneem is om die gebied te verower, het die grensverloop tot die einde van die koloniale heerskappy bestaan. Eers onder president José Joaquín Pérez, wat in 1861 die “vreedsame sluiting van Araukanië” begin het, het die onafhanklike Republiek Chili die suidelike gebied in 1883 verower.
Benewens die stryd teen die inheemse bevolking het ernstige aardbewings, tsoenamis en vulkaniese uitbarstings ook die ontwikkeling van dié land belemmer. Baie stede is heeltemal vernietig, soos Concepción in 1570 en Valdivia in 1575. Die Chileense kusstede is tydens die 16de en 17de eeue blootgestel aan gereelde aanvalle deur Engelse seerowers; onder andere het Francis Drake in 1578 Valparaíso verower en ’n skip vol Chileense wyn gekaap.
In 1609 is die Kapiteinsgeneraliteit Chili gestig wat in afhanklikheid van die Vise-Koninkryk Peru gestaan het. In 1778 het Chili ’n soewereine Kapiteinsgeneraliteit met handelsvryheid binne die Spaanse Koninkryk geword.
Die 19de eeu duimnael|links|Die vier stigters van die Chileense Republiek (v.l.n.r.): José Miguel Carrera, Bernardo O’Higgins, José de San Martín en Diego Portales duimnael|Argentynse en Chileense troepe onder José de San Martín tydens die slag van Chacabuco op 12 Februarie 1817 duimnael|links|Proklamasie en sweer van die onafhanklikheid van Chili – skildery deur Pedro Subercaseaux Errázuriz in 1945 duimnael|Fiestas Patrias van Chile, 1854 duimnael|Die Esmeralda sink tydens die seeslag voor Iquique gedurende die Salpeteroorlog op 21 Mei 1879 duimnael|links|upright|Die grensverloop tussen Peru, Bolivië en Chili voor en na die Salpeteroorlog van 1879. Die geskakeerde streke behoort nou aan Chili en Argentinië duimnael|Die Chileense vloot se aanval op Valparaíso tydens die Chileense burgeroorlog van 1891 Nadat die Spaanse vaderland tydens die Napoleontiese Oorloë deur Frankryk beset is en Napoleon sy broer Josef Bonaparte in 1808 as koning van Spanje aangestel het, het Chili na onafhanklikheid begin streef. Op 18 September 1810 is ’n junta gevorm, wat sy lojaliteit met Ferdinand VII, die afgesette monarg van Spanje, verklaar en ’n outonome republiek binne die Spaanse Ryk geproklameer het. Hierdie datum word as die begin van onafhanklikheidswording in Chili gevier.
As gevolg van hierdie ontwikkeling het die beweging vir volle onafhanklikheid onder leierskap van José Miguel Carrera (een van die mees bekende patriotte) en sy twee broers Juan José en Luis Carrera wyer steun ervaar. Spaanse pogings om sy beheer oor sy koloniale ryk in die Amerikas tydens die Reconquista weer in te stel het tot ’n uitgerekte stryd gelei, insluitend binnegevegte onder Bernardo O’Higgins, wat Carrera se leierskap bevraagteken het.
Die afwisselende oorlogvoering het voortgeduur tot 1817. Terwyl Carrera in Argentynse ballingskap was, het O’Higgins en die anti-Carrera kohort José de San Martín, held van die Argentynse Onafhanklikheidsoorlog, ’n weermag gelei wat die Andes oorsteek en die rojaliste in Chili verslaan het. Op 12 Februarie 1818 is Chili as ’n onafhanklike republiek geproklameer.
Met die patriotte se neerlaag in die slag van Rancagua op 1/2 Oktober 1814 het Spanje weer die mag in Chili oorgeneem, maar in die slag van Chacabuco tussen 12 en 14 Februarie 1817 het ’n Argentyns-Chileense weermag onder generaal José de San Martín die Spanjaarde verslaan. Met die slag van Maipú op 5 April 1818 is die Spaanse heerskappy eindelik beëindig. San Martín het ten gunste van Bernardo O'Higgins afstand van sy presidentskap gedoen. Spanje het die onafhanklikheid van Chili eers op 24 April 1844 amptelik erken.