Christene glo in die drie-enige God – Vader, Seun en Heilige Gees – Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel.

duimnael|links|Die kruis en die Ichthus (vis), twee simbole, wat Christene gebruik om hul geloof te verteenwoordig. Christene beskou die Bybel as die onfeilbare Woord van God. Hulle glo voorts in verlossing deur genade, met antwoorde dat 'n mens nooit die ewige lewe op grond van goeie werke deelagtig kan word nie, maar suiwer deur God se genadige redding (jou "wedergeboorte").

Wedergebore Christene verklaar met 'n absolute sekerheid dat hulle geredde kinders van God is wat tot in alle ewigheid deel sal hê in Sy koninkryk – en in dié opsig verskil die Christendom radikaal van ander godsdienste.

In Suid-Afrika, soos wêreldwyd, is die Christendom egter in talle kerkgenootskappe en sektes versplinter. Dikwels is die skismas (kerkskeuringe) die gevolg van verskillende interpretasies van minder kardinale sienings wat tog nie die hoofboodskap van die Christendom aantas nie.

Die woord "Christen" kan manlik of onsydig wees en "Christin" verwys na 'n vroulike persoon.

Bevolkingstatistiek duimnael|links|400px|Christene oor die wêreld. Vanaf die vroeë 21ste eeu het die Christendom ongeveer 2,2 miljard medegelowiges.33.2% of 6.7 billion world population (under "People") Dit sluit sowat ’n kwart of ’n derde van die wêreldbevolking in en is die grootste godsdiens ter wêreld, met sowat 38 000 Christelike denominasies.Hinnells, The Routledge Companion to the Study of Religion, p. 441. Christene het vir die afgelope 100 jaar omtrent 33% van die wêreldbevolking uitgemaak. Die grootste Christelike denominasie is die Rooms-Katolieke kerk, met 1,166 miljard medegelowiges, wat die helfte van die Christendom beslaan.

+ Twintig lande met die meeste Christene Land Christene % Christene 176 400 000 78,4% 174 700 000 90,4% 105 095 000 94,5% 99 775 000 70,3% 90 530 000 92,4% 76 281 000 48,2% 68 558 000 95,6% 66 959 000 5,0% 55 070 000 91,1% 54 978 000 64,5% 49 400 000 59,9% 44 502 000 97,6% 41 973 000 91,5% 39 843 000 79,7% 37 561 000 92,7% 36 526 000 95,7% 35 568 000 77,2% 35 014 000 53,5% 34 774 000 85,1% 29 943 000 88,6%

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels