Dis Lekker om te Lewe is 'n swart en wit Afrikaanse rolprent wat op 17 Junie 1957 vrygestel is.

Genre Die rolprent is 'n komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.

Hoofrolspelers Al Debbo as Stoffie Frederik Burgers as Fanie Jan Bruyns as Sersant-Majoor Yvonne Theron as Sersant-Majoor se dogter Taffie Kikillus as spioen met kamera Danie Theron as spioen met notaboek Jan Cronjé as moeilikheidmaker Pieter Hauptfleisch as ongeduldige pasiënt Kristo Pienaar as dokter Gert van den Bergh as Kommandant (stem) (nie gekrediteer nie)

Storielyn Die rolprent handel oor twee swape (natuurlik Al Debbo en Frederik Burgers) wat hul lyf soldaat probeer hou. Die twee vriende besluit om by die leër aan te sluit om 'n bietjie geld te verdien. Tydens hul opleiding sien hulle twee rekrute wat oral loop en foto's neem en hulle ruik onraad. Hulle besluit om die boewe uit te vang voordat hulle die leër se "geheime wapen" ontdek, maar intussen is hulle sulke hopelose soldate dat hul bevelvoerders nie kan wag om van hulle ontslae te raak nie.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente