Boerboel de Wet is 'n swart-en-wit Afrikaanse rolprent wat op 27 November 1961 vrygestel is. Al Debbo was die regisseur en is ook een van die hoofkarakters in die film.
Genre Die rolprent is 'n aksiebelaaide komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.
Hoofrolspelers Al Debbo as Septimus Ignacius 'Boerboel' de Wet Trudie Rossouw as Marie Pieterse Taffy Kikillus as Sidney Corbett Lorna Cowell as Mev. Weisenheimer Phillip Botha as Snoop Mario Lastrucci as Muis Sann de Lange as skoonmaakdame Pieter Hauptfleisch as stasieportier Gil Sales Christo Gerber
Storielyn Septimus Ignatius de Wet, ook bekend as Boerboel de Wet, die private speurder, red 'n kenner van antieke artefakte en word ryklik deur die eienaar van 'n groot juwelierswinkel, Mevrou Weissman daarvoor beloon. Dit stel hom in staat om nuwe kantore te betrek en nuwe sake aan te neem. Marie Pieterse, die dogter van die antieke kenner wat hy gered het, vra hom om die verdwyning van 'n kosbare beeldjie uit die provinsiale museum te ondersoek, en daarmee saam die diefstal van juwele uit die vertoonkaste van Mevrou Weissman.
Boerboel se ondersoek bring hom in aanraking met verskeie mense, onder meer met 'n Egiptiese professor wat eintlik die baasbrein agter die diefstal van die beeldjie en die juwele is. Maar dit vind Boerboel eers uit toe dit amper te laat is. Gelukkig is daar die mooie Marie om hom te help – dis nou wanneer hy haar nie uit die kloue van die misdadigers moet red nie.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente