Leo VI of Leo die Wyse (Grieks: Λέων ΣΤ΄ ὁ Σοφός, Leōn VI ho Sophos; 19 September 866 – 11 Mei 912) was die Bisantynse keiser van 886 tot 912. Hy was die tweede heerser van die Masedoniese Dinastie, hoewel sy afkoms onseker is. Hy was goed belese, vandaar sy bynaam.

Tydens sy bewind is die renaissance van die kunste wat onder sy pa begin het, voortgesit, maar die ryk het verskeie militêre nederlae gely in die Balkan teen Bulgarye en teen die Arabiere in Sisilië en aan die Egeïese See.

Vroeë lewe Hy was die seun van keiserin Eudokia Ingerina, en sy pa was óf Basilius IAdontz, Nicholas, L'Age et l'origine de l'empereur Basil I. Byzantion, 8, 1933, ble. 475–550Charanis, Peter, The Armenians in the Byzantine Empire, 1963, bl. 35Ostrogorsky, George, History of the Byzantine State, 1969, bl. 233, nota 1 óf Michael III.Treadgold, bl. 462Norwich, bl. 102Finlay, bl. 306 Eudokia was Michael III se minnares en Basilius I se vrou. In 867 het Basilius Michael laat vermoor en hom as keiser opgevolg.Treadgold, bl. 455 As tweede oudste seun van die keiser was Leo saam met sy broer, Konstantyn, medekeiser. Hy het die troonopvolger geword ná Konstantyn se dood in 879.Gregory, bl. 225 Basilius en Leo het egter nie langs dieselfde vuur gesit nie, en die verhouding het versleg ná Eudokia se dood toe Leo, wat ongelukkig getroud was met Theophano Martiniake, ’n minnares, Zoe Zaoutzaina, kry. Basilius het Zoe laat trou met ’n onbelangrike offisier en het Leo later amper laat verblind toe hy vermoed dat hy teen hom saamsweer.Norwich, bl. 99Treadgold, bl. 460 Op 29 Augustus is Basilius in ’n jagongeluk dood en het Leo keiser geword.Treadgold, bl. 461

Bewind duimnael|links|320px|Die Bisantyne vlug met die Slag van Boulgarophygon, miniatuur uir die Madrid Skylitzes. Een van Leo se eerste dade as nuwe keiser was om Michael III se oorskot op ’n groot seremonie in die keiserlike mausoleum te laat herbegrawe. Dit het die openbare mening versterk dat Leo homself as Michael se seun beskou het.

Leo het die steun van die amptenare in Konstantinopel gewen en homself omring deur burokrate soos Stylianos Zaoutzes, die pa van sy minnares, Zoe ZaoutzainaTreadgold, bl. 461 en die eunug Samonas. Sy pogings om die aristokratiese families van Bisantium soos die Phokas- en die Doukai-familie, te beheer het soms tot groot konflik gelei.Kazhdan, bl. 1211 Hy het ook probeer om die kerk te beheer deur sy aanstellings van patriarge.Finlay, bl. 310

Leo het die Griekse weergawe van die wetboek Basilika, wat deur sy pa begin is, voltooi. Dit was die wette van Justinianus I en is terselfdertyd bygewerk en aangepas.Norwich, bl. 105

In oorloë het Leo gemengde sukses gehad.Finlay, bl. 314 In ’n oorlog teen Bulgarye is die Bisantyne verslaan, maar Leo het die Magjare omgekoop om Bulgarye uit die noorde aan te val en so het hy in 895 indirek sukses teen die Bulgare behaal.Norwich, bl. 108 In 896 het hy egter die Slag van Boulgarophygon verloor en daarna moes hy belasting aan die Bulgare betaal.Treadgold, bl. 464 Hoewel hy ’n oorlog teen die Emiraat van Tarsus in 900 gewen het waarin die Arabiese leër verwoes en die emir self gevange geneem is,Treadgold, bl. 466 het die Emiraat van Sisilië in die weste die stad Taormina, die laaste Bisantynse pos op die eiland Sisilië, in 902 verower.Gregory, bl. 226 Tog het hy in die ooste geslaag met aanvalle teen die Arabiere, Armenië en Theodosiopolis.Treadgold, bl. 466

In 904 het die afvallige Leo van Tripolis en sy seerowers Thessalonika geplunder terwyl ’n grootskaalse ekspedisie in 911–912 om die Emiraat van Kreta te herower, klaaglik misluk het. In 907 is Konstantinopel aangeval deur Kiëf-Roes onder grootprins Oleg, wat ’n gunstige handelsverdrag met die Bisantyne wou sluit.Gregory, bl. 226 Leo het hulle afgekoop, maar hulle het weer in 911 aangeval en ’n handelsooreenkoms is eindelik geteken.Treadgold, bl. 469

Opvolger Leo VI het ’n groot skandaal veroorsaak met al sy huwelike in ’n poging om ’n erfgenaam te hê. Sy eerste vrou, met wie sy pa hom gedwing het om te trou, is in 897 dood en hy het met sy minnares Zoe Zaoutzaina getrou, maar sy is ook dood, in 899.Treadgold, bl. 465 ’n Derde huwelik was tegnies onwettig,Gregory, bl. 227 maar hy het tog weer getrou, dié keer met Eudokia Baïana. Sy is egter in 901 dood.Treadgold, bl. 466 ’n Vierde huwelik was buite die kwessie en is deur die kerk as ’n groot sonde beskou, en daarom het Leo ’n minnares, Zoe Karbonopsina, gekry.Norwich, bl. 115 Toe sy vir hom ’n seun gee, is hy in 905 met haar getroud,Gregory, bl. 227 maar die patriarg het dit sterk afgekeur. Leo het hom toe vervang en die nuwe patriarg het die huwelik erken, op voorwaarde van ’n lang boetedoening en dat Leo alle toekomstige vierde huwelike verbied.Treadgold, bl. 468

Om sy buite-egtelike seun se posisie as erfgenaam te versterk, het Leo hom op 15 Mei 908 as medekeiser gekroon, toe hy net twee jaar oud was.Kazhdan, bl. 502 Leo is op 11 Mei 912 dood.Kazhdan, bl. 1211 Hy is opgevolg deur sy jonger broer Alexander, wat sedert 879 saam met eers sy pa en toe sy broer regeer het.Gregory, bl. 228

Familie By sy eerste vrou, Theophano, het hy ’n dogter gehad: Eudokia, oorlede in 892 By sy tweede vrou, Zoe Zaoutzaina, het hy nog ’n dogter gehad: Anna By sy derde vrou, Eudokia Baïana, het hy ’n seun gehad: Basil, wat net ’n paar dae geleef het By sy vierde vrou, Zoe Karbonopsina, het hy twee kinders gehad: Anna Konstantyn VII

Verwysings

Bronne

Finlay, George History of the Byzantine Empire from 716 – 1057, Edinburg: William Blackwood & Sons, 1853 Gregory, Timothy, E., A History of Byzantium. Blackwell Publishing, 2005

Treadgold, Warren A History of the Byzantine State and Society. Stanford: Stanford University Press, 1997

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Geboortes in 866 Kategorie:Sterftes in 912