(Prof.) Kristo Johannes Pienaar (4 Julie 1922 – 6 April 1996) was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige, skrywer, akteur en TV-aanbieder. Hy was die aanbieder van die gewilde TV-joernaalprogram, 50/50 en het in verskeie teaterproduksies en rolprente opgetree. Hy was in die sewentigerjare nou betrokke by die amateurtoneelvereniging op sy tuisdorp, Bellville. Hy was ook op sy tyd die burgemeester van Bellville gewees.(1981-1983 en 1987-1989)'Kristo met 'n K' die nederige akteur, Beeld, 16 April 1996
Filmografie Rolprente waarin hy 'n akteur was: Die Groen Faktor, 1984 Broer Matie, 1984 as Broederbonder ’n Seder val in Waterkloof, 1978 as Prof. Vredenburg Sonneblom uit Parys, 1974 as Charl Roux Met liefde van Adéle, 1974 as die skoolhoof Afspraak in die Kalahari, 1973 as Barend Bester Next Stop Makouvlei, 1972 Rip van Wyk, 1959 as Dr. Venter Fratse in die Vloot, 1958 as die diamantdief Dis lekker om te lewe, 1957 as 'n dokter
Bibliografie Van die boeke wat hy geskryf het: Inseketende Plante; HAUM, 1986, Suid-Afrikaanse watter blom is dit?; Struik, 2000, Plant inheems; Struik, 1985; , Plantkunde in Suid-Afrika: verlede, hede en toekoms; Universiteit van Wes-Kaapland; Grondbeginsels van tuinmaak: vra vir Kristo; Struik, 1993, Grondbeginsels van bome en struike; Struik, 1993, Grondbeginsels van aldag-tuinmaak; Struik, 1992, Die Suid-Afrikaanse watter blom is dit?: 'n onontbeerlike gids tot tuinplante; Struik, 2011, 'n Anatomiese en ontogenetiese studie van die wortels van Suid-Afrikaanse liliaceae; Universiteit van Stellenbosch, 1965 Die blomplant; Perskor, 1982, Goue gedagtes; Perskor, 1981, Die organografie van stingels, Perskor, 1982, Organografie van wortels; Perskor, 1982, , Grondbeginsels van tuinmaak maand vir maand; Struik, 1992, Elke tuinier se gids tot tuinmaak: 'n gids vir aldag-tuinmaak in Suid-Afrika; Struik, 2002, Naaksadige plante van Suid-Afrika, Perskor, 1978, Tuinmaak in Suider-Afrika; Struik, 1993, Inheemse plante vir die tuin; Struik Timmins, 1991, Een- en tweesaadlobbige plante; Perskor, 1978, A-Z van tuinblomme in Suid-Afrika; Struik, 1987,
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse bioloë Kategorie:Geboortes in 1922 Kategorie:Sterftes in 1996