Gevaarlike Spel is 'n Afrikaanse rolprent wat op 29 Oktober 1962 vrygestel is. Al Debbo was die regisseur en is ook een van die hoofkarakters in die film.
Genre Die rolprent is 'n komiese drama.
Hoofrolspelers Al Debbo as Sersant Koen Taffy Kikillus Nicky Caras James Norval Willie Herbst
Storielyn Diamantspeurder, Sersant Koen, kry die moeilike opdrag om vir Reg Gallow, 'n nagklubeienaar en diamantsmokkelaar, vas te trek. Gallow is egter 'n uitgeslape kalant en die arme speurder misluk keer op keer. Stuur Gallow 'n boodskap dat hy op soek is na 'n blou diamant vir sy meisie, 'n sangeres in sy nagklub. 'n Reisende verkoopsman (Koen) lewer die goedere en die transaksie vind plaas, maar toe Koen die arrestasie wil uitvoer is die diamant soek. Hy is weereens uitoorlê! Koen kry uiteindelik sy kans om Gallow op heterdaad te betrap toe hy niksvermoedend 'n groot transaksie in Mosambiek beklink.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente