Jan Cronjé (1921-1997) was 'n gewilde Suid-Afrikaanse uitsaaier, radio-aanbieder en akteur. Hy was ’n adjunkdirekteur van die destydse Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (Truk), asook ’n dosent aan die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit (RAU). Cronjé het die held in die eerste Afrikaanse radio-sepies op Springbokradio gespeel, in Liefdeslied en Verbode Liefde. Daarnaas het hy 28 jaar lank die radioprogram So maak mens saam met Esmé Euvrard op dié stasie aangebied. Hierdie program is vir die laaste keer op 31 Maart 1986 uitgesaai.'So maak mens' se Jan het aangename herinneringe, Beeld, 12 Augustus 1992 Hy was ook in rolprente soos En die vonke spat (1961) en Oupa en die plaasnooientjie (1945) te sien gewees.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Filmografie En die Vonke Spat, 1961 as Wessels Dis Lekker om te Lewe, 1957 as moeilikheidmaker Paul Krüger, 1956 as Paardekraal-leier Kom saam vanaand!, 1949 as Otto Joubert Dr. Kwak, 1948 Oupa en die Plaasnooientjie, 1945
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse omroepers Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1921 Kategorie:Sterftes in 1997