Taffie Kikillus (soms ook Taffy Kikillus; ca. 1927 – 22 September 2014) was 'n Suid-Afrikaanse akteur, musikant en komponis.

Kikillus het vanaf sy derde lewensjaar klavier speel en het op veertien begin om musiek te komponeer. Hy het sy eie orkes by die Universiteit van Stellenbosch gehad. Hy was ook verantwoordelik vir die eerste klavier-langspeelplaat in Suid-Afrika, genaamd Taffie plays for you. Taffie kon net so 'beroemd soos wyle Jim Reeves gewees het', Beeld, 8 Februarie 1993

Kikillus het in verskeie Afrikaanse rolprente opgetree. Hy is veral bekend vir sy rol in films soos Gevaarlike spel (1962), Fratse in die vloot (1958) en Donker Afrika (1957).

Hy is op 22 September 2014 op 87-jarige ouderdom aan komplikasies ná ’n beroerte in die Mediclinic Milnerton oorlede. Hy laat sy vrou, Rhona en 3 seuns, Marais, Karl en Igon agter.SA pianis Taffi Kikillus van 1940’s oorlede, Volksblad, 25 September 2014

Filmografie

As akteur Matieland!, 1955 as Karel Verster Donker Afrika, 1957 as inspekteur Dirk van Vuuren Dis Lekker om te Lewe, 1957 as spioen met kamera Fratse in die Vloot, 1958 as diamantdief Hou die Blink Kant Bo, 1960 as Herman Engelbrecht Boerboel de Wet, 1961 as Sidney Corbett Gevaarlike Spel, 1962 as Reg Regallo

As komponis Hier's Ons Weer!, 1950 'n Plan is 'n Boerdery, 1954 Donker Afrika, 1957 Fratse in die Vloot, 1958 Gevaarlike Spel, 1962 Kimberley Jim, 1963

As homself Hier's Ons Weer!, 1950 as pianis (nie gekrediteer nie) Alles sal Regkom!, 1951 as harmonikaspeler (nie gekrediteer nie) Altyd in my Drome, 1952 (nie gekrediteer nie) 'n Plan is 'n Boerdery, 1954 as pianis (nie gekrediteer nie)

Lees ook Berlynse Sendinggenootskap

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse komponiste Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 2014