Die kwêvoël (Corythaixoides concolor) is ’n standvoël wat voorkom in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Zimbabwe, Noord- en Oos-Botswana, die noorde van Namibië asook Mosambiek. In Engels staan die voël bekend as die grey go-away-bird.
Die voël is onbeskroomd van karakter en 'n algemene koekoekvoël in die suidelike Afrotrope. Hulle is teenwoordig in droë tot klam, oop bosveld en doringsavanne, veral naby oppervlakwater. Hulle vorm gereeld groepe wat in boomtoppe kos soek, of in stof op die grond bad. Veral wanneer hulle versteur word, maak hulle hul teenwoordigheid bekend deur hul kenmerkende harde en nasale "ke-whêêê"-roepe, met die laaste lettergreep tipies 'n dalende trekgeluid. Binne hul verspreidingsgebied voorkom hul unieke voorkoms en gewoontes verwarring met ander voëlspesies.
Voorkoms duimnael|links|Kwêvoël in Krugerwildtuin.
Die kwêvoël is 'n asgrys loerie met ’n lang stert en los, gepunte kuif. Die jonger voëls is ligter van kleur en meer dofgeelgrys.
Geluid Die voëls is bekend vir hulle kenmerkende, skokkende: ke-whêêê geluide.
Subspesies Daar word vier subspesies binne die spesie onderskei: Corythaixoides concolor bechuanae Corythaixoides concolor concolor Corythaixoides concolor molybdophanes Corythaixoides concolor pallidicens
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Loeries Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin