duimnael|links|'n Mannetjie buite broeityd in die San Diego-dieretuin duimnael|links|'n Mannetjie in somerbroeidrag in Londolozi-wildtuin, Mpumalanga.
Die koningrooibekkie (Vidua macroura) is 'n standvoël wat in feitlik die hele Suid-Afrika, Zimbabwe en noordoostelike Botswana voorkom. Dit word noordwaarts ook wydverspreid regdeur die savanne-streke van Afrika aangetref. Die spesie is 'n broeiparasiet van sekere ander saadvreters. In Engels staan dit as die pin-tailed whydah bekend.
Identifikasie Die broeiende mannetjie het 'n swart-en-wit verekleed met 'n lang, dun stert. Nie-broeiende mannetjies se kop het duidelike swart en dofgeel strepe met diagnostiese snorstrepe en 'n rooi snawel. Broeiende wyfies het 'n swarterige snawel wat buite broeityd effe pienker word.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin