Die Breëstertparadysvink (Vidua obtusa) is 'n skaars tot gelokaliseerde, algemene standvoël en nomade wat voorkom in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek van die Kongo, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Rwanda, Suid-Afrika, Tanzania, Uganda, Zambië en Zimbabwe. In Engels staan die voël bekend as die Broad-tailed Paradise Whydah.
Identifikasie Die voël is 15 tot 30 cm lank; die broeiende mannetjie is 27 cm lank en hulle weeg 10 tot 26 gram. Die broeiende mannetjie het 'n korter, breër stert as die Gewone paradysvink en die agternekvlerk en bors is 'n donkerder oranjekastaiingsbruin. Die wyfie en nie-broeiende mannetjie se rugkant is minder dig gestreep en die snawel is minder dig gestreep as die Gewone paradysvink. Die gesig is minder sterk gemerk; die swarterige oogstreep krul nie dieselfde mate om die oordekvere nie.,
duimnael|links|Wyfie
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Eksterne skakels
Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies