Lynnwood is 'n lowerryke voorstad in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Dit lê weerskante (noord en suid) van die besige Lynnwoodweg (M6), aanliggend aan die N1-hoofweg, en is tussen die Hatfield-, Brooklyn-, Menlopark- en Lynnwood Manor-voorstede geleë. Aan die noordekant grens dit aan die enklawe van Strubenkop Security Village en die proefplaas van die Universiteit van Pretoria. Direk na die westekant is studentekoshuise en die universiteit se sportgeriewe in Koedoespoort en Hatfield.

Die voorstad se naam is, soos ook Brooklyn en Menlopark, heel waarskynlik van gelyknamige plekke in die VSA afkomstig.

Kategorie:Voorstede van Pretoria