duimnael|Volwasse mannetjie in die Oribi Gorge-natuurreservaat, Suid-Afrika.
Die bosloerie (Apaloderma narina) is standvoël wat voorkom aan die ooskus en onmiddellike binneland vanaf Mosselbaai verby Mosambiek. Die voël kom ook voor langs die Zambezirivier tot by die Kaprivistrook. In Engels staan die voël bekend as die Narina trogon.
Voorkoms Die mannetjie is heldergroen met 'n karmosyn pens, wasagtige geel snawel en turkoois groenerige kolle vel aan die gesig en keel. Die wyfie is valer met 'n rooibruin gesig met 'n gryser bors en dowwe karmosyn pens.
Habitat Die voël leef in woude, digte boomveld en ruigtes.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Loeries