Bram Fischer Internasionale Lughawe (IATA: BFN, ICAO: FABL) is 'n lughawe in Bloemfontein, Suid-Afrika.
Dit is na die kommunis Bram Fischer genoem. Die lughawe het in vroeëre jare (tot 1995) as die JBM Hertzog-lughawe en daarna as die Bloemfontein Internasionale Lughawe bekend gestaan. Pres. Jacob Zuma het die naamsverandering op Donderdag, 13 Desember 2012 aangekondig en dit as " 'n stap in die rigting van nasiebou wat 'n gedeelde erfenis en toekoms uitstraal" beskryf.Bloem se lughawe kry nuwe naam, PRAAG, 14 Desember 2012
Die aanloopbaan word met die Lugmagbasis Bloemspruit gedeel. Die terminaalgebou is geleë by: Lugrederye en bestemmings Airlink Kaapstad, Johannesburg–O.R. Tambo CemAir Durban,flycemair.co.za George, Johannesburg–O.R. TamboFlySafair Kaapstad, Johannesburg–O.R. Tambo
Verwysings
Kategorie:Geboue en strukture in Bloemfontein Kategorie:Lughawens in Suid-Afrika Kategorie:Bloemfontein