JC "Jaap" Steyn (* 1938 – † 2021) was ’n joernalis, dosent in Algemene Taalwetenskap aan die Randse Afrikaanse Universiteit en professor-navorser in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat.
Hy was veral bekend vir sy indringende studies oor die Afrikaanse taal se herkoms en geskiedenis en sy omvattende biografieë oor onder andere M.E.R. en N.P. van Wyk Louw. As digter verwerf hy die Eugène Marais-prys en die Ingrid Jonker-prys en as prosaskrywer word hy bekroon met onder andere die Recht Malan-prys, die Louis Luyt-prys en die Stalsprys.
Lewe en werk Steyn is op 31 Julie 1938 in die distrik Fouriesburg op die plaas Mara gebore. Hy was die oudste seun van Jacob Cornelis Steyn en Martha Elizabeth (Martie) Mellet. Aan die einde van 1944 trek sy gesin na die plaas Omdraai-Noord in die distrik Petrus Steyn waar Steyn ’n plaasskool bywoon op Omdraai-Suid, en sy hoërskoolloopbaan aan die J.A. Malherbe-hoërskool in Petrus Steyn voltooi. Familielede en voorgeslagte van hom was betrokke by of direk geraak deur die uitwerking van die Groot Trek, die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) en die rebellies van 1914 en 1939.
Sy ouers het hier geboer en Mara was sy pa se suster se plaas. Sy pa was Jacob Cornelis Steyn (3 Oktober 1904 – 5 November 1989) en sy ma was Martha Elizabeth Mellet (11 Desember 1910 – 1 November 2003), wat op 10 April 1934 met mekaar getroud is. Hulle eerste kind, ’n dogtertjie, is op 31 Julie 1936 dood by geboorte, waarna Jaap twee jaar later gebore is en daarna sy twee susters Maria Elizabeth (10 Oktober 1941) en Hannetjie (16 Julie 1948).
Jaap begin sy skoolopleiding in Julie 1944 aan die begin van die derde kwartaal. In November 1944 verhuis die gesin na die distrik Petrus Steyn, waar sy pa die klein plasie Omdraai-Noord koop. Hier gaan Jaap vanaf 1945 skool op die plaasskool op Omdraai-Suid. Vanaf 1951 gaan hy na die dorpskool, die Hoërskool J.A. Malherbe op Petrus Steyn, en in dieselfde jaar sluit die plaasskool Omdraai-Suid toe die leerlingtal nie meer selfs ’n eenmanskool regverdig nie.
Hy matrikuleer in 1955.Met ’n beurs van Die Volksblad studeer hy in 1956 na die Universiteit van die Oranje-Vrystaat waar hy in 1958 die B.A.-graad behaal het met onderskeidings in die hoofvakke Afrikaans/Nederlands en Duits. In Januarie 1959 het hy by Die Volksblad gaan werk, en was tot in Julie 1964 aan dié koerant verbonde as verslaggewer, vertaler, sub- en hoofsubredakteur.
In dié tyd het hy ook B.A. (Hons.) en M.A. in Afrikaans en Nederlands behaal, albei cum laude. Op universiteit is hy betrokke by die taalversorging van berigte in die studenteblad, die Irawa, en publiseer self ook enkele stukke.
Hy begin werk by Die Volksblad in Januarie 1959 en is tot 15 Julie 1964 aan hierdie koerant verbonde as verslaggewer, vertaler, subredakteur en hoofsubredakteur. In hierdie tyd behaal hy deeltyds ook aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat die B.A. Honneurs-graad en M.A.-graad (in 1962) in Afrikaans-Nederlands, albei met lof. In Augustus 1964 gaan hy na die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam waar hy vanaf September van daardie jaar tot Desember 1967 studeer. ’n Deel van sy studiegeld verdien hy as korrespondent van Die Volksblad en Die Burger.
Op 4 Oktober 1966 lê hy die doktorseksamen (Drs.Litt.-graad) met lof af, met Algemene Taalwetenskap as hoofvak en Nederlandse taalkunde en Suid-Sotho as byvakke. Steyn behaal in 1966 sy doktoraaleksamen in algemene taalwetenskap cum laude aan die Gemeentelijke Universiteit in Amsterdam. Aan die begin van 1968 is Steyn aangestel as lektor in algemene taalwetenskap aan die Universiteit van Port Elizabeth. Aan die einde van 1968 het hy ook sy doktorsgraad aan dié universiteit behaal met prof. E.B. van Wyk as promotor.
In Julie 1970 is hy as senior lektor in algemene taalwetenskap na die Randse Afrikaanse Universiteit van Julie 1974 tot Augustus 1975 was daar ’n kort onderbreking terwyl hy hoofredaksielid van Rapport was. Hy was tot in Maart 1985 aan dié universiteit verbonde. Hoewel hy in 1988 afgetree het, was Steyn van April 1985 tot Desember 1997 professor-navorser in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die OVS. Van April 1985 tot met sy aftrede in Desember 1997 is hy professor-navorser in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat.
Hier is hy betrokke by navorsingsprojekte oor die Afrikaans van die Oranjerivierstreek, strominge onder Afrikaners aan die begin van die twintigste eeu en hulle houdings teenoor Afrikaans en ’n taalbeplanningsprojek. In 1998 kry hy ’n konsultantepos by Nasionale Pers, waar hy hoofsaaklik saamwerk aan die Oorlegplatform vir Afrikaans, wat poog om Afrikaanstaliges van alle rasse te laat saamwerk vir die beskerming van die taal. Hy lewer ook gereelde bydraes aan die Beeld se politieke rubriek, “Een van drie”.
Steyn is in September 2021 in Bloemfontein oorlede.
Skryfwerk Terwyl Steyn in Johannesburg was, het die volgende boeke van hom verskyn: Die grammatika van liefhê (1975), ’n digbundel wat met die Eugéne Marais- en Ingrid Jonkerpryse bekroon is; ’n kortverhaalbundel, Op pad na die grens (1976); ’n novelle, Dagboek van ’n verraaier (1978) en ’n opsienbarende taalpolitieke werk, Tuiste in eie taal (1980), wat bekroon is met die Recht Malan- en Louis Luyt-pryse. In Die gesprek oor Afrikaans, ’n publikasie oor die reaksie op hierdie boek, noem die samestellers, L.T. du Plessis en M.C.J. van Rensburg Tuiste ’n “legendariese” boek.
Op grond van dié en latere werke het die S.A. Akademie in 1988 die Langenhovenprys vir taalwetenskap aan Steyn toegeken. In 1985 het ook sy prosabundel Die verlore vader verskyn, wat in 1987 gevolg is deur Trouwe Afrikaners wat handel oor aspekte van Afrikanernasionalisme en die Suid-Afrikaanse taalpolitiek. In 1988 het prof. C.F.J. Muller, hoof van die Naspers-geskiedenisprojek, Steyn gevra om ’n medewerker te word.
Hy was verantwoordelik vir drie hoofstukke oor die geskiedenis van Die Volksblad ná 1948, en medeskrywer van ’n hoofstuk oor die Naspers-koerante en Afrikaans in Oor grense heen (1992), en die skrywer van 17 en medeskrywer van 3 van die 21 hoofstukke van Boekewêreld (1992), wat handel oor Naspers se uitgewerye tot 1990. Hierdie werk, waarvan Steyn die hoofouteur was, is bekroon met die Recht Malan- en Rapport-pryse.
Steyn word ses keer deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon. Hy ontvang onder meer die Eugene Maraisprys vir sy debuutdigbundel Die grammatika van liefhê (1975), die C.J. Langenhoven-prys vir taalwetenskap (1988), die Elisabeth Eybersbeurs vir navorsing in Nederland (1996), die N.P. van Wyk Louw-medalje vir skeppende bydraes tot die ontginning van sekere vakgebiede (2000), die Stals-prys vir geskiedwetenskappe vir N.P. van Wyk Louw – ’n lewensverhaal (2003) en die Louis Hiemstra-prys vir nie-fiksie vir Die 100 jaar van M.E.R (2005).
Hy ontvang ook die Louis Luyt-prys vir die taalpolitieke studie Tuiste in eie taal (1981) ontvang en is die skrywer van Penvegter: Piet Cillié van Die Burger (2002) en die outobiografiese en kultuurhistoriese Sonkyker (2008).
Steyn het tientalle artikels vir vaktydskrifte gepubliseer, hoofsaaklik oor kultuurgeskiedenis, die eksterne geskiedenis van Afrikaans en Suid-Afrikaanse taalpolitiek. Daaronder is drie supplemente van boeklengte, naamlik Die betekenis van Die Burger vir die Afrikaanse letterkunde (Acta Academica), Taalideologie en taalbeleid in die Suid-Afrikaanse geskiedenis — oorwegings in die ampstaaldebat? (Acta Academica) en Die taalstryd in die oorgangstyd — Gesindhede teenoor Afrikaans 1990–1994 (Stilet). Verder het hy tussen een- en tweehonderd populêre artikels vir dagblaaie en tydskrifte geskryf.
Poësie Sy eerste impak op die letterkundige front kom aan die hand van sy gedigte, waarvan sommige in Standpunte en Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer word. Sy debuut is met “Die grammatika van liefhê”,Anoniem “Die Transvaler” 7 Februarie 1976 waarin hy hom onderskei as ’n besonder fyn kenner van taal en die moontlikhede van woordspel.Brink, André P. “Rapport” 25 Januarie 1976 Soos die titel aandui, word hier veral die temas van die taal en daarmee gepaardgaande grammatika en taalsituasie in die land ontgin,Brink, André P. “Voorlopige Rapport” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 1976 asook die liefde, wat nie net die ander persoon insluit nie, maar ook die land en die taal self.Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 16 no. 2, Junie 1976
Die verval en dood word aangespreek, waar die taal deur misbruik stadigCoetzee, Ampie “Oggendblad” 27 Februarie 1976 sterf, maar ook die dood van mense, waar kindersterftes in die baie goeie gedig “Spooroorwegramp by Henley-on-Klip” Coetzee, Ampie “Buurman” Maart-Mei 1976 deur sy makabere taalspel weergegee word.De Vries, Abraham “Die Burger” 22 Desember 1975 Die taalspel slaag meermale daarin om tegelykertyd veelvuldige betekenislae in woorde bloot te lê, waarvan die gedig “Woord en sin” ’n uitstekende voorbeeld is.Johl, Johann “Die Volksblad” 4 Maart 1976 In die proses word ou woorde op nuwe wyses gebruik en kry dit nuwe betekenisse, terwyl die etimologiese en semantiese wortel van woorde dikwels benut word om verskillende betekenislae bloot te lê.Johl, Johann “Standpunte” Nuwe reeks 125 Oktober 1976
Dit is by uitstek poësie vir die intellektueel in sy soeke na dieper en meer omvattende betekenis en die vernaamste bekoring is dan die soepel taalspel.Van der Merwe, P.P. “Hoofstad” 2 April 1976 “Germaanse ruïnes” gee deur middel van slim woordspel kommentaar op die lotgevalle van die uitgestorwe ou Germaanse taal Goties, wat dan by implikasie as waarskuwing dien vir Afrikaans. “Vrede” het as tema die sterfte van Afrikaans nadat vrede in Suid-Afrika bereik is, ’n gedig wat veertig jaar later ontstellend aandoen in die lig van toenemende druk op Afrikaans as taal.
By die skrywe daarvan is dit duidelik dat die skrywer die impak van en gevare aan die verpolitisering van die taal deeglik besef het. “Die taal is gans die volk” is ’n parodie op die taalgebruik van mense wat voorgee dat hulle vir die taal omgee, met die limeriekvorm wat effektief vir hierdie draakstekery gebruik word. “Tot positiewe kom” gee op demonstratiewe wyse blyke van die tegniese middele wat die digter gebruik vir sy woordspel, soos byvoorbeeld die woord “aaneenkettinging(-ing) waar die herhaling van “ing” die skakels van die ketting voorstel.
Die dubbele betekenis van woorde word dan saamgevat in die slotsin “tot my sinne kom”, waar “sinne” die betekenis het van die taalkonstruksies sowel as die verstandelike insig. Daar is talle baie goeie gedigte in die bundel, wat benewens die reeds genoemdes ook gedigte soos “Hoëveld”, “Selfverwyt”, “Laagland”, “Ontheemde”, “Deelwoorde deel”, “Die grammatika van liefhê”, “Verbitterde boerseun bid”, “’n Boer groet sy plaas” en “Einde” insluit.
Hierdie bundel word allerweë beskou as ’n hoogtepunt in die vernufpoësie in Afrikaans en Abraham H. de Vries noem dit in ’n resensie wat in Die Burger verskyn hetDie Burger 22 Desember 1975 die sterkste debuut sedert Breyten Breytenbach. “Die grammatika van liefhê” verower in 1976 die Eugène Marais-prys en in 1977 die Ingrid Jonker-prys. Van hierdie gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, waaronder “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”, “Groot verseboek”, “Digters en digkuns”, “Kraaines”, “Woordpaljas”, “Voorspraak” en “Die dye trek die dye aan”.
Prosa Hierna spits hy hom toe op prosa en onderskei hom in sy werkwyse telkens as ’n taalkundige en taalsosioloog, wie se werk as belangrike tydsdokumente beskou kan word. Die leser moet spesifieke verwysings binne die teks met die aktuele werklikheid verbind, ’n werkwyse onderliggend aan die postmodernisme wat eers later gewild sou word.