Die Shingwedzirivier (ook Xingwedzi in moderne Tsonga-ortografie) is 'n rivier in Limpopo-provinsie, Suid-Afrika en Gaza-provinsie, Mosambiek.

Die rivier dreineer die plato aan die suidoostelike kant van die Soutpansberg. Die oorsprong is ongeveer 40 km oos-suidoos van Thohoyandou. Dit vloei in 'n oostelike rigting deur die Laeveld en daarna deur die Krugerwildtuin.Luvuvu Lethaba WMA 2

Die Shingwedzi is 'n linkerhand-takrivier van die Olifantsrivier wat 12 km stroomaf van die Massingirdam aansluit by die Olifantsrivier, daarna die Limpopo, voor dit suid draai en uiteindelik by Xai-Xai noordoos van Maputo in die Indiese Oseaan uitmond.Belangrikste riviere in Suid-Afrika (en)

Oorbeweiding en besproeiing langs die rivier het deur die jare erge gronderosie veroorsaak, veral na harde reënbuie.Shingwedzi River why is it the most polluted river in the KNP?

Die rivierbedding is 'n puik plek om vir Savanne-olifante op die uitkyk te wees, aangesien teeltroppe van 50 tot 60 algemeen hier waargeneem word.Shingwedzi Ruskamp – Krugerwildtuin – SANParke (en)

duimnael|links|280px|Olifante les hul dors in die rivier in die Krugerwildtuin Sytakke Die belangrikste riviere in die Shingwedzibekken is:Rivers of the Kruger National Park... Perennial and Seasonal (en)

Bububuspruit Klein-Shingwedzirivier Mandzororivier Mphongolorivier Shisharivier Phugwanerivier Dzombospruit Mashokwespruit Tshamidzispruit

Damme Twee damme is in die Shingwedzi in die Krugerwildtuin geleë, die Kanniedooddam (gesluit in 2018) en die Sirhenidam.The Vulnerability of the Shingwedzi River, a Non-Perennial River in a Water Stressed Rural Area of the Limpopo Province, South Africa (en) Die Makuleke-dam is in die Mphongolorivier.

In 1978 is die Kanniedooddam 9 km stroomaf van die kamp gebou, maar 40 jaar later weer afgebreek, in lyn met 'n rehabilitasieprojek wat kunsmatige waterpunte vir diere beperk. Die kunsmatige voorsiening van water in 'n natuurlike droë streek het erosie en agteruitgang in die omgewing veroorsaak. Skaars herbivoorspesies soos die bastergemsbok het gely as gevolg van verhoogde weidingskompetisie deur volop grasvreters, en van predasie deur leeus wat eweneens hul gebiede uitgebrei het.

Samevloei in Mosambiek Die rivier vloei naby die noorde-oewer van die Massingirdam verby voordat dit 12 km later by by die Olifantsrivier aansluit.Massingir Dam & Flooding of Olifants Gorge (en)

Verwysings

Kategorie:Krugerwildtuin Kategorie:Olifantsrivier (Limpopo) Kategorie:Riviere in Limpopo Kategorie:Riviere in Mosambiek