Die Melkweg het verskeie kleiner satellietsterrestelsels wat deel uitmaak van die Melkwegsubgroep. Dié subgroep is deel van die plaaslike sterrestelselswerm, die Plaaslike Groep.
Daar is 61 klein bevestigde sterrestelsels binne 1,4 miljoen ligjare van die Melkweg af. Nie almal is in 'n wentelbaan nie en sommige kan in 'n wentelbaan om ander satellietstelsels wees. Die enigstes wat met die blote oog sigbaar is, is die Magellaanse Wolke, wat sedert die voorgeskiedenis waargeneem is. Volgens metings van die Hubble-ruimteteleskoop in 2006 beweeg die Magellaanse Wolke te vinnig om in 'n wentelbaan om die Melkweg te wees. Die grootste bevestigde stelsel in 'n wentelbaan om die Melkweg is die Sagittarius- Elliptiese Dwergsterrestelsel, wat 'n deusnee van 8 500 ligjare, of rofweg 'n 20ste van dié van die Melkweg, het.
Lys Die Melkweg se satellietsterrestelsels sluit die volgende in:
Naam Deursnee (kps) Afstand (kps) Soort OntdekGroot Magellaanse Wolk 4 48,5 SBm prehistories Antlia 2 2,9 130 Onr? 2018Sagittarius 2 20 Ell. 1994 Crater 2 2,2 117,5 dSph 2016Klein Magellaanse Wolk 2 61 Onr. prehistoriesCanes Venatici I 2 220 dSph 2006Canis Major 1,5 8 Onr. 2003Ursa Major II 0,2 30 dG D 2006Ursa Minor 0,4 60 dE4 1954Draco 0,7 80 dE0 1954 Virgo I 0,09 91 dSph 2016 Horologium II 0,09 78 dSph 2015 Sagittarius II 0,08 67 dSph 2015Sculptor 0,8 90 dE3 1937Sextans 0,5 90 dE3 1990Carina 0,5 100 dE3 1977Ursa Major I - 100 dG D 2005Fornax 0,6 140 dE2 1938Leo II 0,7 210 dE0 1950Leo I 0,5 250 dE3 1950 Segue 2 0,07 35 dSph 2007 Segue 1 0,06 23 dSph 2007 Draco II 0,04 20 dSph 2015 Tucana V 0,03 55 dSph 2015 Cetus II 0,03 30 dSph? 2015 Reticulum II 0,064 30 dSph 2015 Tucana II 0,33 70 dSph 2015Leo IV 0,3 160 dSph 2006Leo V 0,08 180 dSph 2007 Carina II 0,182 36 dSph 2018 Carina III 0,06 28 GC? 2018Ursa Major III 0,003 10 dSph2023Boötes I 0,3 60 dSph 2006Boötes II 0,1 42 dSph 2007Boötes III 1 46 ? 2009Coma Berenices 0,14 42 dSph 2006Canes Venatici II 0,3 155 dSph 2006Hercules 0,7 135 dSph 2006Pisces II 0,12 180 ? 2010Crater II 2,2 117,5 dSph 2016
Verwysings
Melkweg