Die Boötes I-dwergsterrestelsel of Boo I dSph is ’n dowwe sterrestelsel met ’n ligsterkte 100 000 keer dié van die Son en ’n absolute magnitude van –5,8. Dit is sowat 197 000 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Veewagter. Dit lyk of die stelsel beïnvloed word deur ’n getykrag van die Melkweg, waarom dit wentel, en twee sterte van sterre het wat ’n kruis vorm. Sterrestelsels wat deur ’n getykrag beïnvloed word, het gewoonlik net een stert.
Verwysings
Eksterne skakels Die heelal binne 500 000 ligjare Two New Galaxies Orbiting the Milky Way 19 April 2006
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia</small>
Kategorie:Melkweg Kategorie:Dwergsterrestelsels Kategorie:Veewagter (sterrebeeld) Kategorie:Plaaslike Groep