Boötes III of Boo III is ’n hoëdigtheidsgebied in die Melkweg wat moontlik ’n dwergsterrestelsel kan wees wat deur getykrag beïnvloed word. Dit is sowat 150 000 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Veewagter.

Eienskappe Boötes III is een van die kleinste en dofste satelliete van die Melkweg – dit het ’n absolute magnitude van −5,8, wat laer is as baie bolvormige sterreswerms. Omdat dit deur getykrag beïnvloed word, is dit moeilik om sy massa te bereken.

Dit is in 2009 ontdek deur die Sloan- Digitale Lugopname. Dit beweeg weg van die Son teen ’n snelheid van sowat 200 km/s. Boötes III is omtrent twee keer so lank as wat dit breed is: 1,5 × 0,8 boogminute. Die grootte en onreëlmatige vorm dui dalk aan dat dit in ’n oorgangsfase is tussen ’n gebonde en heeltemal ongebonde sterrestelsel.

Die sterre is meestal van gemiddelde ouderdom – sowat 12 miljard jaar. Hulle bevat baie min metale.

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia</small>

Kategorie:Melkweg Kategorie:Dwergsterrestelsels Kategorie:Veewagter (sterrebeeld) Kategorie:Plaaslike Groep