Die term Gemenebes (Engels: Commonwealth) kan verwys ná:

Die Britse Statebond of Gemenebes van Nasies, 'n vrywillige vereniging van onafhanklike, soewereine state, meestal bestaande uit die Verenigde Koninkryk en sy vorige kolonies. Die Gemenebes van Engeland, die Engelse Republiek tussen 1649 en 1660 onder Oliver Cromwell en Richard Cromwell.

Deel van amptelike benamings: Australië (Gemenebes van Australië) Deelstate van die Verenigde State van Amerika: Kentucky, Massachusetts, Pennsilvanië en Virginië. Eilandgebiede van die Verenigde State van Amerika: Noordelike Mariana-eilande, Puerto Rico en die voormalige Gemenebes van die Filippyne. Die Gemenebes van Onafhanklike State, opvolger van die Sowjetunie. Die historiese Pools-Litause Gemenebes.