Die Canes Venatici II-dwergsterrestelsel of CVn II is in die sterrebeeld Jaghonde geleë en in 2006 ontdek deur die Sloan- Digitale Lugopname. Dit is sowat 490 000 ligjare van die Son af en beweeg teen ’n snelheid van sowat 130 km/s in die rigting van die Son.
CVn II is een van die kleinste en dofste satelliete van die Melkweg — dit het ’n absolute magnitude van −4,9, wat laer as dié van ’n tipiese bolvormige sterreswerm. Sy massa is egter sowat 2,5 miljoen sonmassas en dié groot verhouding tussen ligsterkte en massa (340) dui daarop dat dit oorheers word deur donkermaterie.
Die sterre is meestal ou sterre van sowat 12 miljard jaar en was waarskynlik van die eerstes wat in die heelal gevorm het. Hulle het ook baie min metale. Daar vind tans geen stervorming in CVn II plaas nie.
Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Dwergsterrestelsels Kategorie:Jaghonde (sterrebeeld) Kategorie:Melkweg Kategorie:Plaaslike Groep