Die Monoceros-ring kry sy naam van die sterrebeeld Eenhoring (Monoceros) en is ’n lang strook sterre wat drie keer om die Melkweg gedraai is. Daar is verskeie teorieë oor die ontstaan van die ring, maar die mees algemene een is dat dit deel is van die Canis Major-dwergsterrestelsel, wat oor miljarde jare heen deur getykragte uitmekaargetrek word terwyl dit in die Melkweg opgeneem word. ’n Ander teorie is dat dit deel van die Melkweg se verwronge skyf is.

Dit het ’n massa van 100 miljoen sonmassas en is 200 000 ligjare lank. Die stroom sterre is in 2002 die eerste waargeneem deur sterrekundiges wat besig was met die Sloan Digitale Lugopname. Dit was terwyl hulle die ring en verwante bolvormige sterreswerms bestudeer het dat hulle die Canis Major-dwerg ontdek het.

In 2006 is die Veld van Strome deur Vasily Belokurov en Daniel Zucker se span ontdek. Dit is 'n gebied in die lug waar verskeie sterrestrome, onder meer die Monoceros-ring, sigbaar is en mekaar kruis.

Verwysings

Eksterne skakels Monoceros-ring by Space Wiki Deriving the shape of the Galactic stellar disc , A&A-nuusvrystelling, 16 Maart 2006 Outer structure of the Galactic warp and flare: explaining the Canis Major over-density, Astronomy & Astrophysics, 2006 Comments on the "Monoceros" affair, Lopez-Corredoira, M., et al., 2012, arXiv:1207.2749 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Melkweg Kategorie:Strukture in die heelal