Kootjie Emmer is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1977 uitgegee is. Die rolprent is gebaseer op André P. Brink se boek, Oom Kootjie Emmer wat die eerste keer in 1973 deur Buren gepubliseer is.

Genre Die rolprent is 'n komedie.

Hoofrolspelers Tobie Cronjé Siegfried Mynhardt Trix Pienaar

Storielyn Die rolprent handel oor Oom Kootjie Emmer, 'n lykbesorger en nagwadrywer op Witgatworteldraai. Dit is deels op Klaarstroom in die Karoo verfilm.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente