Die Pisces I-dwergsterrestelsel is ’n groep sterre in die Melkweg se halo wat ’n sferoïdale dwergsterrestelsel kan wees wat verbrokkel het. Dit is in die sterrebeeld Visse (Pisces) en is in 2009 ontdek toe die verspreiding van RR Lyrae-sterre bestudeer is in data van die Sloan- Digitale Lugopname.

Pisces I is sowat 260 000 ligjare van die Son af en beweeg na die Son teen ’n snelheid van sowat 75 km/s. Dit is een van die dofste satelliete van die Melkweg. Sy massa is na raming minstens 105 sonmassas. Dit het egter ’n deursnee van ’n paar grade en kan in ’n oorgangsfase tussen ’n gebonde en heeltemal ongebonde stelsel wees. Daar kan ook ’n band wees tussen Pisces I en die Magellaanse Stroom.

Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Dwergsterrestelsels Kategorie:Melkweg Kategorie:Visse (sterrebeeld)