Die Pisces II-dwergsterrestelsel is ’n sferoïdale satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Visse (Pisces). Dit is in 2010 ontdek in data van die Sloan- Digitale Lugopname.

Die stelsels is sowat 585 000 ligjare van die Son af en is een van die Melkweg se dofste satelliete. Dit het ’n absolute magnitude van −5, wat laer is as ’n tipiese bolvormige sterreswerm. Die sterre in Pisces II is meestal tussen 10 miljard en 12 miljard jaar oud en is arm aan metale.

Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Dwergsterrestelsels Kategorie:Melkweg Kategorie:Visse (sterrebeeld)