Anton Ackermann (1911–1971) was 'n Afrikaanse akteur en die leier en regisseur van 'n reisende Suid-Afrikaanse toneelgeselskap.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Ackermann sluit hom in die vroeë jare dertig by die toneelgeselskap van Wena Naudé en Willem van Zyl aan. Hy het later saam met Pikkie Uys 'n eie geselskap gestig. Hulle het as 'n gewilde toneel-egpaar in die laat jare dertig en vroeë jare veertig bekend geraak met stukke soos Wittebroodsdae, Die hand van die gereg (deur S. Ignatius Mocke) en Koop my blomme ('n verwerking van Pygmalion deur George Bernard Shaw en vertaal deur C.I.C. Uys).Ackerman 30 j. gelede dood, Beeld, 3 Januarie 2001
Filmografie Akteur: Ek sal opstaan, as Pieter Jansen, 1959 (as Anton Ackerman) Die Skerpioen, 1946 Pantoffelregering, 1947
Regisseur: Pantoffel-regering, 1947
Skrywer: Pantoffel-regering, 1947
Bronne Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1911 Kategorie:Sterftes in 1971 Kategorie:Afrikaners