300px|regs|duimnael|Die struktuur van die Melkweg se spiraalarms.
Die Perseus-arm is een van die twee groot spiraalarms van die Melkweg. Die ander een is die Scutum–Centaurus-arm. Die Melkweg is ’n staafsterrestelsel met twee groot en ’n paar kleiner strome uitgespreide sterre, gas en stof wat vanaf die lang staaf in die middel na buite kronkel.
Die Perseus-arm lê tussen die klein Cygnus-arm en Carina-Sagittarius-arm. Dit is so genoem vanweë sy ligging na aan die sterrebeeld Perseus. Daar word gespekuleer dat die Orion-Cygnus-arm, wat die sonnestelsel en die Aarde insluit, in die Perseus-arm geleë is, maar dit is nog nie bevestig nie.
Die Perseus-arm bevat ’n paar Messier-voorwerpe: Die Krap-newel (M1) Die oop sterreswerms Messier 36 Messier 37 Messier 38 Messier 52 Messier 103
Verwysings
Eksterne skakels "Perseus Arm closer than previously thought" SEDS: Messier-voorwerpe in die Melkweg 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Melkweg