Segue 3 is ’n dowwe sterreswerm van die Melkweg in die sterrebeeld Vlieënde Perd wat in 2010 ontdek is in data van die Sloan Digitale Lugopname. Dit is sowat 55 000 ligjare van die Son af en beweeg weg van die Son teen ’n snelheid van 167,1 km/s.

Segue 3 is besonder dof; sy absolute magnitude is na raming sowat −1,2 of selfs 0, wat beteken die swerm is maar 100 tot 250 keer so helder as die Son. Dit het ’n effens afgeplatte vorm en toon tekens van verbrokkeling weens getykragte.

Die sterre van Segue 3 is ouer as 12 miljard jaar en is van die eerste sterre wat in die heelal gevorm het. Hulle het ’n lae metaalinhoud.

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Melkweg Kategorie:Vlieënde Perd