duimnael|250px|Gert van den Bergh, Paula Styger, Pierre de Wet en Anna Neethling-Pohl in ’n toneel uit Sita se Die Goeie ou tyd (1944).

Gert van den Bergh (1920–1968) was ’n Suid-Afrikaanse akteur.

Hy maak sy rolprentdebuut in 1942 in die dokumentêr Lig van 'n Eeu. Sy tweede rolprent (sy eerste vermaaklikheidsprent) was Pikkie se Erfenis in 1946. In 1965 ontvang Van den Bergh die Erepenning vir Speelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Sy vrou, Dulcie van den Bergh was ook ’n bekende aktrise. Sy seun, Regardt van den Bergh is ’n akteur, rolprentregisseur en draaiboekskrywer.

Filmografie Sandy the Seal, 1969 as Jacobson Die Kandidaat, 1968 as Lourens Niemand Die Professor en die Prikkelpop, 1967 as Dr. Hattingh Wild Season, 1967 as Dirk Maritz The Second Sin, 1966 as Anton Rossouw Der Rivonia-Prozeß (TV-fliek), 1966 as Alan Paton The Naked Prey, 1966 as Man #2 Die Wonderwêreld van Kammie Kamfer, 1965 King Hendrik, 1965 Diamond Walkers, 1965 as Piet Truter Tokoloshe, 1965 Mozambique, 1965 Die Arabier Debbie, 1965 Seven Against the Sun, 1964 as Kapelaan Smit Code 7, Victim 5, 1964 as Vanberger Piet my Niggie, 1964 as Radio-omroeper (nie gekrediteer nie) Zulu, 1964 as Adendorff Rider in the Night, 1963 as Lodewyk van Reenen Jy's Lieflik Vanaand, 1962 as Anton Fourie Stropers van die Laeveld, 1962 Tom, Dirk en Herrie, 1962 as Grové Die Tweede Slaapkamer, 1962 The Hellions, 1961 as Dr. Weiser (nie gekrediteer nie) Die Vlugteling, 1960 Nooi van my Hart, 1959 as Hans (stem) (nie gekrediteer nie) Rip van Wyk as Oom Diamond Safari, 1958 as Kompleks se bestuurder Dis Lekker om te Lewe, 1957 as Kommandant (stem) (nie gekrediteer nie) Vadertjie Langbeen, 1955 as Jacques (stem) (nie gekrediteer nie) ’n Plan is ’n Boerdery, 1954 Inspan, 1953 as Dirk de Vos Hans-die-Skipper, 1952 as Johan Die kaskenades van Dr. Kwak, 1948 as Poggenpoel Simon Beyers, 1947 as Nicolaas Beyers Pikkie se Erfenis, 1946 Lig van 'n Eeu, 1942

Kategorie:Geboortes in 1920 Kategorie:Sterftes in 1968 Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu