300px|regs|duimnael|Die struktuur van die Melkweg se spiraalarms. Die Carina-Sagittarius-arm is een van die klein spiraalarms van die Melkweg. Elke spiraalarm is ’n lang, uitgespreide krom stroom sterre, gas en stof wat vanaf die sentrale staaf van die Melkweg na buite kronkel. Dit bevat dikwels miljarde sterre en duisende gaswolke. In die Carina-Sagittarius-arm is ’n groot aantal H II-gebiede, jong sterre en reuse- molekulêre wolke. Dit lê tussen die twee groot spiraalarms, die Scutum-Centaurus-arm en die Perseus-arm.
Die Carina-Sagittarius-arm is in twee dele verdeel. Vanaf die sentrale staaf lê die Sagittarius-arm, wat verder weg die Carina-arm word.
Sigbare voorwerpe ’n Paar Messier-voorwerpe kan met ’n amateur-teleskoop gesien word: Lagune-newel (M8) Wilde-eend-sterreswerm (M11) Arend-newel (M16) Omega-newel (M17) Messier 18 (oop sterreswerm) Driespletige Newel (M20) Messier 21 (oop sterreswerm) Boogskutter-sterrewolk (M24) Messier 26 (oop sterreswerm) Messier 55 (bolvormige sterreswerm)
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: Messier-voorwerpe in die Melkweg 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Melkweg