Die Ursa Major II-dwergsterrestelsel of UMa II is ’n sferoïdale satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Groot Beer (Ursa Major). Dit is in 2006 ontdek in data van die Sloan- Digitale Lugopname. Dit is sowat 98 000 ligjare van die Son af en beweeg in die rigting van die Son teen ’n snelheid van sowat 116 km/s.

Uma II is een van die Melkweg se kleinste en dofste satellietstelsels. Dit het ’n absolute magnitude van sowat −4, wat laer is as ’n tipiese bolvormige sterreswerm en selfs sommige sterre. Dit het egter ’n massa van 5 miljoen sonmassas. Die verhouding tussen ligsterkte en massa is sowat 2 000. Dié raming kan egter verkeerd wees aangesien die stelsel ’n ietwat onreëlmatige vorm het en dalk in die proses van gety-verbrokkeling is.

Die sterre in Uma II is meestal ouer as 10 miljard jaar, en is arm aan metale. Daar vind op die oomblik geen stervorming plaas nie.

Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Dwergsterrestelsels Kategorie:Groot Beer Kategorie:Melkweg