Die Ursa Major I-dwergsterrestelsel of Ursa Major I dSph is ’n sferoïdale satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Groot Beer (Ursa Major). Die ontdekking daarvan deur Beth Wilman en ander is in 2005 aangekondig.Willman, Dalcanton, Martinez-Delgado, et al. (2005) "A New Milky Way Dwarf Galaxy in Ursa Major", submitted to Astrophysical Journal Letters, on arXiv.org: astro-ph/0503552

Dit is ’n baie klein stelsel: net ’n paar duisend ligjare in deursnee. Sy absolute magnitude is na raming net -6,75 en dit is sedert 2006 die dofste sterrestelsel bekend naas die Boötes I- (-5,7) en die Ursa Major II-dwerg (-3,8). Dit is dus dowwer as sommige sterre in die Melkweg. Dit is al vergelyk met die Sextans-dwergsterrestelsel: albei is baie oud en arm aan metale.

Ursa Major I is na raming sowat 330 000 ligjare van die Son af – sowat twee keer so ver as die Groot Magellaanse Wolk, die Melkweg se grootste en helderste satelliet-sterrestelsel.

In 1949 het Edwin Hubble ’n ander struktuur ontdek wat eers bekend was as die Ursa Major-dwerg. Intussen is egter gevind Palomar 4 is ’n baie verafgeleë bolswerm (sowat 360 000 ligjare van hier).

Verwysings

Eksterne skakels SIMBAD: Ursa Major-dwerg 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Dwergsterrestelsels Kategorie:Groot Beer Kategorie:Melkweg