Tim Bendzko is 'n Duitse sanger en liedjieskrywer.

Biografie Tim Bendzko is in die Berlynse stadsdeel Kaulsdorf gebore en in die stadsdistrik Köpenick grootgemaak. Hy het by 'n sportgimnasium skoolgegaan en in sy vrye tyd sokker by die plaaslike klub 1. FC Union Berlin gespeel. Later het hy Evangelies-Lutherse Teologie en Nie-Christelike Godsdienste gestudeer. duimnael|links|Berliner Waldbühne Bendzko het sy musikale loopbaan in die ouderdom van sestien met kitaarlesse begin om sy eerste liedjies musikaal te kan inklee. As wenner van 'n talentwedstryd, wat deur die Duitse groep Söhne Mannheims georganiseer is, het hy die kans gekry om voor 20 000 toeskouers in die Berlynse opelug-konsertsaal Berliner Waldbühne op te tree en 'n platekontrak met Sony Music losgeslaan.

Sy debuutalbum Wenn Worte meine Sprache wären ("As woorde my taal sou wees") is op 17 Junie 2011 vrygestel. Vir die enkelsnit Nur noch kurz die Welt retten ("Gou nog net die wêreld red"), wat reeds vooraf op 27 Mei uitgereik is, is 'n video onder regie van Hagen Decker in Los Angeles opgeneem. Die enkelsnit het die tweede en die album die vierde plek op die Duitse Media Control-trefferlys behaal. Albei het bowendien platinumstatus vir verkope van meer as 300 000 behaal. Nog twee enkelsnitte vanaf die album, Ich laufe en Sag einfach Ja, is in 2012 uitgereik.

Toe Elton John en Joe Cocker in 2011 konserttoere in Duitsland onderneem het, het Tim Bendzko in die voorprogram opgetree. Op 29 September 2011 het Bendzko sy geboortestad Berlyn in die sangwedstryd Bundesvision Song Contest 2011 verteenwoordig en die eerste plek met die titellied van sy debuutalbum behaal.

In November 2011 is Tim Bendzko met die Bambi-prys as die nuweling van die jaar aangewys en het ook 'n verskeidenheid ander musikale toekennings ingepalm, waaronder die Audi Generation Award 2011, die 1Live Krone, die Wild And Young Awards en die Newcomer Echo-prys in Maart 2012.Tim Bendzko - Der Junge mit dem Masterplan. In: event. music. entertainment. live., nommer 113, Junie 2012, bl. 10-11

Diskografie Albums 2011 : Wenn Worte meine Sprache wären

Enkelspelers 2011 : Nur noch kurz die Welt retten 2011 : Wenn Worte meine Sprache wären 2012 : Ich laufe 2012 : Sag einfach Ja

Ander publikasies 2010: DEMOTAPE met titels: Wenn Worte meine Sprache wär´n, Das letzte Mal, Mein Leben ist Dein Leben, Zeit die bleibt, Kleiner Wind, Wo ist sie hin 2011: Ich kann alles sehen 2011: Zweifellos 2011: 12 Days of Christmas: Wenn Worte meine Sprache wären (iTunes LP)

Verwysings

Eksterne skakels Media Nur noch kurz die Welt retten - Amptelike video by YouTube

Kategorie:Duitse sangers Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Lewende mense