Die Phoenix-dwergsterrestelsel of PGC 6830 is ’n onreëlmatige satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Feniks. Dit is in 1976 deur Hans-Emil Schuster en Richard Martin West ontdek en aanvanklik aangesien vir ’n bolvormige sterreswerm. Dit is tans sowat 1,44 miljoen ligjare van die Son af.

Eienskappe Die Phoenix-dwerg het jong sterre in die middel wat in ’n oos-wes-rigting loop en ouer sterre buite wat noord-suid loop. Dit lyk of die sentrale gebied se tempo van stervorming nog altyd redelik konstant gebly het.Martínez-Delgado et al., 1999 In 1999 het St-Germain en ander ’n H I-gebied van sowat 105 sonmassas net wes van Phoenix ontdek wat fisiek gebonde aan die sterrestelsel kan wees as bewys kan word dat hul radiale snelheid dieselfde is.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Dwergsterrestelsels Kategorie:Melkweg