Sann de Lange (1913 - 1999) was ’n Suid-Afrikaanse aktrise. De Lange het op agtien begin toneelspeel en het haar rolprentbuiging in die tweede Afrikaanse rolprent wat in die land gemaak is, naamlik: Bou van ’n nasie gemaak. Sy was veral bekend vir haar rol as Tant Betta in die televisiereeks Nommer Asseblief. Sy was die laaste keer in 1998 op Kersdag in die TV-reeks Egoli: Plek van Goud as mev. Nienaber te sien gewees. Sy is in 1999 op 86 jarige ouderdom aan hartversaking in ’n ouetehuis in Roodepoort oorlede. Haar man, Morné Coetzer, ook ’n akteur, is reeds in 1971 oorlede.Sann de Lange sterf op 86 aan hartversaking, Die Burger, 2 Junie 1999De Lange was oudste Afrikaanse aktrise, Volksblad, 3 Junie 1999 Sy het ook 'n seun gehad, wat ook 'n akteur is: Morné Coetzer.
Filmografie Bou van ’n nasie, 1938 Die skerpioen, 1946 Die jagters, 1960 Boerboel de Wet, 1961 Doodkry is min, 1961 Lord Oom Piet as 1962 Miss Smith As ons twee eers getroud is!, 1962 Tom, Dirk en Herrie, 1962 as Marie Lessing Piet my niggie, 1964 as Onderwyser Debbie, 1965 All the Way to Paris, 1966 as Joegoeslaafse Moeder Stadig oor die klippe, 1969 as Matrone Vrolike vrydag die 13de, 1969 Vlug van die seemeeu, 1972 Die Voortrekkers, 1973 Snip en Rissiepit, 1973 as eienaar van losieshuis Die Sersant en die Tiger Moth, 1974 as Gertie van Graan Ongewenste vreemdeling, 1974 Tant Ralie se losieshuis, 1974 Troudag van Tant Ralie, 1975 My liedjie van verlange, 1975 Liefste Madelein, 1976 Plekkie in die son, 1979 as Me. Marais
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Geboortes in 1913 Kategorie:Sterftes in 1999